Vrystaat Landbou sê boere in die provinsie het min om te vier tydens Vervoermaand.

Die groep sê hy is teleurgesteld oor die gebrek aan vordering met die herstel van landelike grond- en teerpaaie waarop boere en werkers elke dag moet reis en sake doen.

Die landbougroep sê hy is diep bekommerd dat die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer voortgaan om substandaard kontrakteurs aan te stel.

Vrystaat Landbou het die kwessie van brug 15 op die S59 naby Aberfeldy in Mei verlede jaar reeds geopper, wat gewaarsku is as uiters gevaarlik en noodsaaklik om graan by die silo’s te kry – maar geen stappe is gedoen om dit te herstel nie.

Die groep sê sonder veilige, rybare paaie kan boere nie winsgewend boer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×