Veldbrande in die Vrystaat die afgelope meer as vyf maande het nie net ‘n invloed op boere wat landbougrond verloor het nie, maar ook op die landbousektor waar voedselproduksie direk geraak word. Meer as vyf miljoen hektaar is sedert 1 Mei in 5 781 brande verwoes. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder vir Vrystaat Landbou, of VL, het gesê lewens is ook verloor en sommige boere moes afskaal weens onvoldoende veld, terwyl ander boere gedwing is om op te hou boer. Sowat 7% van plase wat deur veldbrande geraak is, kan uit voedselproduksie gehaal word. Weiding op hierdie plase sal eers na drie jaar genoegsaam herstel voordat dit weer in volle produksie kan kom. Armour het gesê duisende stuks vee wat doodgebrand het, was nie verseker nie omdat vee-versekering so duur is. Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder by VL het bygevoeg sommige veldbrande is kwaadwillig gestig deur onder andere mense wat onwettig op boere se plase jag sodat kleinwild uit hul skuilplekke kruip. Hierdie jagters het ook vure gemaak om hul vleis gaar te maak. Brandstigting is ‘n strafregtelike oortreding, het sy gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×