Vrystaat Cheetahs beleef nog ‘n terugslag

Die Vrystaat Cheetahs het nog ‘n terugslag beleef voor die naweek se afskop van die SuperSport Unlocked-reeks.

Die Vrystaat se eerste wedstryd van die reeks word Saterdag in Bloemfontein gespeel teen die Pumas, maar die Cheetahs gaan moontlik moet uitdraf sonder Malcolm Jaer, nadat hy sy knieg beseer het in die afgelope naweek se wedstryd tussen die Groen- en Goudspan in Kaapstad.

Jaer se besering kom nadat die Cheetahs reeds nog ‘n heelagter in Rhyno Smith, weens ‘n bobeenspierbesering, verloor het.

Netwerk24 berig hoofafrigter, Hawies Fourie, sê Jaer het nog pyn en die knie is styf, en glo nie hy gaan beskikbaar wees vir Saterdag se wedstryd nie.

Hy voer verder aan die spandokter sal deur die loop van die week na Jaer kyk.

Luister na potgooie hieronder