As deel van die herbou van die Vrystaat-toerismehandelsmerk, gaan die LUR vandag die Toerisme-Vrydag program bekendstel. Dit vorm deel van die 2024-toerismemaand bekendstelling wat plaasvind by Tussen Die Riviere-natuurreservaat naby Bethulie in die Xhariep-distriksmunisipaliteit.

Volgens Ketso Makume , die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, verbind hulle hulself om die Vrystaatse Toerismesektor te herposisioneer, om in die middel van ekonomiese heropbou en herstel te wees. En om broodnodige werksgeleenthede te skep. Hy het ook ‘n beroep op Vrystaters gedoen om die provinsie te verken en om sy verborge juwele te ontdek en te ervaar.

error: Inhoud is beskerm !!