139 swanger meisies, van 14 jaar en jonger, is in die jaar wat Maart 2023 vooraf gaan, deur gesondheidswerkers in die Vrystaat bygestaan.
Netwerk24 meld – by monde van Makalo Mohale, Vrystaatse LUR vir onderwys – is die jongste van die minderjariges wat geboorte geskenk het, slegs tien jaar oud.
Mohale kon nie, in sy antwoord in die wetgewer, sê of enige van die pa’s van statutêre verkragting aangekla is nie, en ook nie of daar enige suksesvolle vervolgings was nie.
Volgens Statistieke SA, is 90 000 tienerswangerskappe in die 2021-22-boekjaar, in die land aangemeld.