Die Vrystaatse Departement van Gesondheid bied Woensdag 4 Desember 2024 die eerste Fezi Ngubentombi Gedenklesing in Sasolburg aan.
Etiese Leierskap sal die hooftema van hierdie byeenkoms wees.
Central News berig dit eer die nalatenskap van die voormalige LUR vir Gesondheid, Fezi Ngubentombi, en spreek huidige kwessies in die gesondheidsektor aan.
Fezi Ngubentombi het van 2011 tot haar afsterwe in 2012 as LUR vir Gesondheid gedien, met ’n verbintenis tot etiese leierskap en verbeterde gesondheidsdienste.
Die huidige LUR, Monyatso Mahlatsi, sal die hoofrede lewer terwyk die lesing ook direk gestroom word om breër betrokkenheid en openbare deelname te bevorder.