Vrystaat het dae laas hulle Covid-19 data aan die Gesondheidsdepartement gestuur

Suid-Afrika se Covid-19-verwante sterftes het weer toegeneem met 160 sterftes wat in die Gesondheidsdepartement se jongste 24-uur-verslag gemeld word.

Minister Zweli Mkhize sê ondersoek word ingestel na die opmerklike onlangse styging.

KwaZulu-Natal het 105 sterftes aangemeld, Gauteng 13, die Wes-Kaap agt, die Oos-Kaap en Limpopo ses elk en Mpumalanga vier.

Die totale sterftesyfer staan op 17 408, maar data is dae gelede laas uit die Vrystaat ontvang.

Sedert die vorige verslag is 1 736 nuwe gevalle aangemeld.

Luister na potgooie hieronder