Die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake het ‘n dringende beroep op kalmte gedoen, na die opsporing van vermoedelike gevalle van bek en klouseer.
Central News berig die gevalle is in Newcastle en Memel ontdek.
Waarnemings dui op simptome wat ooreenstem met bek en klouseer, en veeartspanne wag tans op laboratoriumuitslae om die uitbraak te bevestig.
In reaksie op die potensiële bedreiging het die LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, Elzabe Rockman, onmiddellike voorsorgmaatreëls geïmplementeer om die moontlike verspreiding van die siekte in die Vrystaat te voorkom.
Dié maatreëls sluit die opskorting van vee-beweging en veilings tussen Newcastle en Memel in.
Bek en klouseer is ‘n aansteeklike virale infeksie wat beeste, varke, skape en bokke affekteer.