Dit is vanjaar reeds die 22ste keer dat die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein aangebied word, maar die eerste keer dat feesgangers die geleentheid kry om hierdie luisterryke ervaring in die somer te kan geniet.

Die Volksblad berig Corneli van den Berg, feesdirekteur, het Sondag kort voor die amptelike opening gesê hulle is slaggereed en baie opgewonde oor vanjaar se fees.

Die feesmark, wat allerlei eetgoed, produkte en kunswerke aanbied, begin Maandag, terwyl die feesprogram Dinsdag met ‘n wavrag boekbesprekings, kunsuitstallings en teaterstukke afskop.

Die kunstefees duur tot Saterdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×