Vrystaat Landbou (VL) het met die Vrystaatse LUR van Gemeenskapsveiligheid en die LUR van Landbou vergader oor die verhoogde misdaad by die Lesotho-grens. Afvaardigings van die polisie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Grensbestuursowerheid en die Huis van Tradisionele Leiers was by die vergadering teenwoordig.
Volgens VL het sy aanbieding gefokus op die hoë misdaadgebiede met onwettige deurvoerroetes na Lesotho, wat deur misdadigers uitgebuit word om ‘n verskeidenheid misdade te pleeg. Veediefstal en oorgrensweiding is net van die probleme wat volgens Francois Wilken, die president van Vrystaat Landbou , ondervind word.
Wilken voeg by dat praktiese veiligheidsaspekte uitgelig is wat ook na die polisie se Nasionale Veiligheidsberaad oorgedra sal word.