Na ‘n 120 jaar verbintenis, is daar nou ‘n peiling onder Vrystaat Landbou (VL) se lede of die organisasie van Agri SA moet wegbreek.
Dit volg na ‘n krapperigheid ontstaan het weens AgriSA se handering van die omstrede Onteieningswet.
Die peilig, het volgens Maroela Media, begin nadat versoeke van boereverenigings en individue ontvang is dat VL sy verbintenis met AgriSA moet heroorweeg.
VL-president, Francois Wilken, sê hul lede is al jare ongelukkig oor die manier waarop AgriSA landboukwessies hanteer.
Aangesien VL-lede ‘n ruim geldelike bydrae tot AgriSA bydrae, is dit belangrik dat lede deel van die hele proses moet wees, en dus sal so ‘n besluit tydens ‘n spesiale kongres geneem word.