Vrystaat Landbou het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in die Vrystaat gedurende laasjaar

Vrystaat Landbou het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in die Vrystaat gedurende laasjaar.  Vrystaat Landbou het volgens Netwerk24 ‘n ontleding gedoen van die plaasanvalle-en-moorde vir 2020 en dit toon dat daar een moord en agt aanvalle meer was as die ooreenstemmende tyd laasjaar, dit is ‘n styging van 12,5-persent.  Volgens VL was daar sestig plaasaanvalle en twaalf moorde in 2020 teenoor twee-en-vyftig aanvalle en elf moorde in 2019 in die Vrystaat.  Volgens die verklaring wat in Maart volledig uitgereik sal word,  is dit kommerwekkend dat kinders in vyf van die aanvalle ook slagoffers was. Altesaam sewe-en-dertig dorpe en ook kleinhoewes rondom Bloemfontein is deur die aanvalle geraak. Dertig persent van die aanvalle -en moorde vind ook plaas in dorpe wat naby die Lesotho grens is.  Boere word opnuut gemaan om by veiligheidstrukture in hul gebied aan te sluit.

Luister na potgooie hieronder