Vrystaat Landbou, of VL, het gesê 2023 was ʼn redelike goeie oesjaar, ten spyte van uitdagings soos beurtkrag, brande en gure weer. Die hoof uitvoerende beampte van VL, Gernie Botha, het aan SABC Nuus gesê hoewel die jaar met heelwat uitdagings begin het, is hulle positief oor die seisoen wat voorlê. VL het gesê boere in die provinsie sien uit na nog ʼn suksesvolle jaar mits die weer verder saamwerk. Boere is tans besig om vir die nuwe seisoen gewasse soos sonneblom en mielies aan te plant. Die plantseisoen moes in Oktober reeds begin het, maar boere moes wag vir reën voordat hulle kon begin plant.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×