Die Vrystaatse Departement van Landbou sê die moorde op die bejaarde egpaar Christo Morrisen, en sy vrou Christa by Rietfontein-plaas by Glen buite Bloemfontein, het paniek en onsekerheid onder boere geskep, oor hul veiligheid en sekuriteit.
Die departement sê sulke voorvalle bedreig voedselsekerheid en werkskepping, en die verlies aan een boer is een te veel. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê dit is boere wat die swaarste vrag dra in die stryd om genoeg voedsel te lewer vir die provinsie en die land.