Vrystaat Landbou verwelkom die steun wat die Amerikaanse president Donald Trump aan die landbousektor toegesê het.

Volgens die Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, is dit vir die organisasie bemoedigend dat die Amerikaanse regering gehoor gegee het aan die pleidooie van Suid-Afrikaanse boere en ook dat hy gehoor gee aan die feit dat boere se veiligheid en eiendomsreg bedreig word.

Wilken voeg in ‘n aanlyn aritkel by as ‘n landbou-organisasie staan ​​Vrystaat Landbou gereed om enige bystand en ondersteuning vir die boerderysektor en hul boere te aanvaar, veral wanneer hulp deur die Verenigde State en Trump gebied word.

Hy sê Vrystaat Landbou is ook bereid om plaaslik saam te werk met enige individu of organisasie wat kan help om die veiligheid, eiendomsreg en toekoms van hul boere te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×