Vrystaat Landbou (VL) het Eskom se voorgestelde tariefverhogings, by die openbare sitting van die nasionale energiereguleerder (Nersa) in Bloemfontein, verwerp.

Kommersiële bestuurder van VL, dr. Jack Armour, het benadruk dat die landbousektor, wat reeds met stygende koste en ekonomiese druk worstel, nie verdere kragprysstygings kan volhou nie.

Maroela Media berig volgens die landbouorganisasie kan Vrystaatse boere nie die stygende insetkoste absorbeer wat deur Eskom-tariefverhogings veroorsaak word nie.

Hulle is van mening dat dié voorgestelde verhogings die ekonomiese druk op intensiewe landboubedrywighede, soos besproeiing asook suiwel- en pluimveeboerdery, net gaan vererger.

VL voeg by dat die huidige Eskom-tariewe reeds onbekostigbaar hoog is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×