Die LUR vir landbou in die Vrystaat, Saki Mokoena, wil hê dat die produksie-omset in dié sektor verdubbel. Mokoena het by die die departement se Landbou-indaba en loopbaan-ekspo in Bloemfontein gepraat.

SABC-nuus berig die tweedaagse saamtrek het bestek geneem van die huidige waarde, bydrae en beleggingsgeleenthede wat in die provinsie deur landbou te weeg gebring word.

Hy sê meer verwerkings- en vervaardigingsaanlegte in die provinsie, sal help dat die provinsie meer munt kan slaan uit die varsprodukte wat reeds gekweek en verbou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×