Emeritus-professor Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch glo die Vrystaat het die hoogste uitvalsyfer tussen Graad 10 en matriek .
The Citizen berig Le Cordeur beweer die provinsie moedig leerlinge aan om nie die eksamen voltyds af te lê nie.
Die Vrystaat word as die land se top-presterende provinsie beskou met ’n indrukwekkende 91% matriek-slaagsyfer.
Sommiges meen egter die syfers verdoesel die werklike toestand van onderwys in die provinsie.
Dr. Jaco Deacon van FEDSAS meen Vrystaatse leerlinge kies nie moeilike vakke nie. Suid-Afrika se “werklike” matriek-slaagsyfer is, volgens die politieke party BOSA, net 50.25%.
Dit is gebaseer op die hoeveelheid leerlinge wat nooit matriek bereik nie.
Volgens BOSA het 1,22 miljoen skoliere in 2013 Graad 1 begin, maar minder as 614 570 leerders het gematrikuleer.
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×