Die Vrystaat regering beplan ’n slimstad-ontwikkeling vir Intabazwe (Harrismith) in die Oos-Vrystaat as deel van ’n groter strategie vir die provinsie.
Volgens Central News is daar tydens die uitvoerende raad se vergadering op 5 Maart 2025 besluite geneem oor volhoubare stedelike ontwikkeling en die voltooiing van jarelange behuisingsprojekte.
Die Intabazwe Slimstad-projek, wat moderne infrastruktuur en werksgeleenthede beloof, bly in die beplanningsfase.
Terwyl sommige inwoners hoopvol is oor ekonomiese groei, is ander glo skepties oor die uitvoerbaarheid.
Die regering verseker egter volgehoue samewerking tussen departemente om hierdie visie te verwesenlik.