Die Vrystaatse Departement van Onderwys nooi werklose jeug uit om aansoek te doen vir die 24-maande Gegradueerde Internskapprogram.

The Citizen berig aansoeke is nou oop en sluit op 15 November 2024.

Die program bied 116 poste in 23 verskillende distrikte binne die provinsie aan.

Belangstellende kandidate moet 18 jaar of ouer wees by die aanvang van die kontrak.

Volgens die departement moet aansoeke op ‘n voltooide nuwe Z83-aansoekvorm ingedien word, wat by enige Staatsdiensdepartement verkrygbaar is, saam met ‘n gedetailleerde CV.

Kwalifikasies in velde soos Sielkunde, Menslike Hulpbronbestuur en Inligting- en Kommunikasietegnologie (IKT) word vereis.

Die kandidate sal praktiese opleiding ontvang om noodsaaklike vaardighede te ontwikkel vir die arbeidsmark.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×