Vrystaatse onderwysers se staatswerknemers mediese skema (GEMS)-voordele sal ononderbroke voortduur.
Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse onderwysdepartement het hulle bevestiging van die Provinsiale Tesourie ontvang dat alle nodige betalings aan derdepartyverskaffers binne die eerste 14 dae van April vanjaar gemaak sal word, wat die kontinuïteit van dienste verseker.
Die aankondiging volg na Rosestad-nuus vroeër berig het dat die departement glo GEMS-bydraes van personeel verhaal maar dit nooit aan Gems oorbetaal het nie.
Volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU), Paul Sauer, was hierdie versuim in ‘n skrywe aan ‘n ‘kontantvloeiprobleem’ in die provinsie toegeskryf.