Vrystaat regering bestee steeds spandabelrig terwyl dienslewering stilstaan

Die VF Plus het die Vrystaat-regering gekap nadat die departement van finansies sowat R1,4-miljoen spandeer het vir die byeenkoms waarop die Vrystaatse begrotingstoespraak in Gariep gelewer is.

Volgens die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat, Jan van Niekerk, sê hulle is van mening dat die byeenkoms niks moes
kos nie omdat dit in die Vierde Raadsaal in Bloemfontein gehou kon word.

Netwerk24 berig sowat R66 000 is net aan spyseniering vir dié geleentheid spandeer en ‘n verdere R1,3-miljoen is aan ‘n maatskappy betaal vir die bemarking van die byeenkoms.

Van Niekerk sê verder dit volg nadat Gadija Brown, LUR van finansies, gesê het dat die Vrystaatse ekonomie in ‘n benarde situasie is.

Luister na potgooie hieronder