Die Vrystaatse regering het in die 2023/2024 boekjaar sover net 10% van sy 25% doelwit aan infrastruktuur-projekte belê. Dit is kommerwekkend want volgens verslae van die Vrystaatse staande komitee oor openbare rekening is dit duidelik dat departemente wat vir infrastruktuur verantwoordelik is, nie die projekte kan uitvoer nie, het Armand Cloete, LPW van die VF Plus aan Netwerk 24 gesê. Hy het gesê die Vrystaatse regering sloer elke jaar om die eerste drie maande met kritieke infrastruktuur-projekte te begin. Die beinvloed dienslewering en sodoende kan die provinsie nie sy teikens behaal nie. Wat behuisingsprojekte betref, is minder as 3% van die 25% teiken bereik. Kontrakteurs word aangestel wat nie die werk kan doen nie. Die departement van paaie kon net 9% van die 25% van die padinstandhoudingstoelae gebruik. Cloete het gesê intussen gaan die regering voort met sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en kader ontplooiing wat groot skade aanrig.