Ongeveer 24 toerisme-uitstallers van die Vrystaat sal van 13 tot 15 Mei hul produkte en dienste by die Africa Travel Indaba in Durban ten toon stel.

Volgens ’n plasing op die Vrystaatse Regering se Facebookblad bied dié internasionale platform groot bemarkingsgeleenthede vir die provinsie om sy unieke toerisme-aanbiedinge te bevorder.

Vanjaar se Indaba sluit 1 200 uitstallers van 26 Afrikalande in, met meer as 290 aanbiedinge.

Die Vrystaatse Regering sien dit as ’n kans om internasionale en plaaslike samewerking te versterk.

Die Vrystaat word bemark as ’n toerismebestemming, en nie net as ’n deurgangsgebied nie.

Die deelname aan dié platform vorm deel van groter pogings om plaaslike toerisme te laat groei.

error: Inhoud is beskerm !!