Qondile Khedama woordvoerder van die metro

Die Vrystaatse premierswoning, Vrystaathuis, teen die koppie in Harry Smith straat, Dan Pienaar, het vroeër vanoggend begin brand. Die vlamme kon sedert vanoggend net na tien-uur waargeneem word. Alle nooddienste is op die toneel. Die veiligheidsdienste het die publiek gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak en nie na die brand te kom kyk nie. Die verkeerspolisie het verskeie paaie rondom die gebied naby die Musicon en Oranje Meisieskool gesluit vir verkeer. Die premier, Mxolisi Dukwana, wat onlangs aangestel is, woon nog nie in die huis nie. Die vorige premier, Sisi Ntombela, bly nog tot die einde van die maand in ‘n gastehuis op die erf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×