‘n Boer van Petrusburg wat Eskom glo uit R1.5 miljoen bedrieg het deur met elektrisiteitsmeters te peuter, verskyn weer einde Oktober in die streekhof in Bloemfontein. Die 46-jarige Jan Alber van der Merwe het reeds gedurende September op verskeie klagte van bedrog, diefstal, geldwassery, opsetlike saakbeskadiging, puetery met infrastruktuur en korrupsie verskyn. Die staat beweer hy het Eskom uit R1, 533 907 bedrieg tussen 2004 en 2020. Van der Merwe het glo met meters gepeuter om ‘n laer en onakkurate lesing van sy elektrisiteitsverbruik te bewimpel. Van der Merwe het aan polisie gesê hy het iemand betaal om verstellings aan die meter te doen. Sy verhoor is tot 31 Oktober uitgestel.