‘n Boer, sy plaasvoorman en twee veiligheidswagte verskyn vandag in die landdroshof op Frankfort in verband met die moord van ‘n plaaswerker. Die drie verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem, het die polisie se woordvoerder, sersant Josephine Rani aan Netwerk 24 gesê. Rani het gesê die twee veiligheidswagte het glo die plaaswerker, die 29-jarige George Mofokeng, by sy huis gaan haal en hom ondervra nadat vee die vorige dag op die boer se plaas gesteel is. Mofokeng het vir die boer gewerk. Die twee wagte met klapmusse op het die oorledene na ‘n ander plaas van die boer op Tweeling geneem. Mofokeng is glo deur die boer, die wagte en die voorman aangerand, het Rani gesê. Mofokeng is later deur ‘n ambulans gaan haal en deur paramedici dood verklaar.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×