Vrystaatse boere benodig voer vir hulle diere

Kommer heers dat die groot aantal veldbrande van die afgelope tyd ‘n probleem met beskikbare weiding vir die Vrystaatse boere kan skep.

Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, VL, het aan Netwerk 24 gesê, daar was tot dusver heelwat meer veldbrande as in die vorige brandseisoene.

Weens die droogte is daar alreeds ‘n tekort aan voer in die ander streke, en is beskikbare voorraad grasbale en lusern baie beperk.

Meer as 400 000 hektaar weiveld het tot dusver hierdie seisoen afgebrand.

Ventersburg, Virginia, Winburg en Dewetsdorp, asook die Glen – en Brandfortdistrikte buite Bloemfontein het veral kwaai deurgeloop.

Armour versoek dat ondernemings of boere wat voer kan verkoop of skenk, of geldelik kan bydra, die VL sal kontak.

Luister na potgooie hieronder