Waar die Vrystaatse brandseisoen normaalweg teen einde Junie sy verwoestende loop begin neem, word ernstige brande van hoë intensiteit, vanjeer reeds vanaf April verwag.
Savage Breytenbach, hoof van Mafpa, die Mangaungse sambreelorganisasie vir brandbestryders, sê daar is selfs dele in die suide van die provinsie, waar die 2023 en
2024-seisoene waarskynlik aaneen gaan loop. ‘n Brandseisoen word gekenmerk deur ‘n toename in die aantal brande, die frekwensie, die intensiteit, asook die geografiese
verspreiding van die brande.
Breytenbach verduidelik die onlangse brande in die Oos-Vrystaat is buitensporig-abnormaal vir hierdie tyd van die jaar. Verlede week se brand by Rosendal het vir vyf dae gewoed. Hoewel bespiegeling oor brandstigting gereeld gehoor word, sê Breytenbach dat nalatigheid nog altyd die grootste oorsaak bly.