Die waarnemende burgemeester van die Dihlabeng plaaslike munisipaliteit wat Bethlehem insluit, het Maandag saam met die voormalige munisipale bestuurder in die beskuldigde bank van die dorp se landdroshof gestaan.

Die 43-jarige Tseki James Tseki en die 57-jarige Busa Petrus Molatsedi is deur die Valke geboei voordat hulle op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiele bestuur in die hof verskyn het.

Maroela Media berig elkeen is op borgtog van R5000 vrygelaat. ‘n Lasbrief vir die twee mans is in Mei uitgereik nadat die Valke ondersoek ingestel het na bewerings dat die burgemeester onreëlmatige salarisbetalings aan sy voormalige munisipale bestuurder gedoen het.

Molatsedi het ook tydens sy skorsing ‘n memorandum by Tseki ingedien waarin hy die terugbetaling van sy salaris geëis het.

Die twee verdagtes moet weer in Augustus in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×