Die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning bied die OR Tambo-spele aan op 26 en 27 Oktober in Thabong.

Vanjaar se toernooi is die 17de weergawe sedert die spele in 2005 bekendgestel is. Die spele word jaarliks in Oktober gehou om die lewe en nalatenskap van Oliver Tambo te herdenk.

Die sekretaris van die Vrystaatse Sportkonfederasie, Edward Saunderson, het aan Rosestad-nuus gesê dat hulle sportkodes kies wat ontwikkeling benodig, met die doel om sport en ontspanning in die provinsie te bevorder.

Atlete het deur individuele distrikte deurgedring om in aanmerking te kom vir deelname aan hierdie toernooi, wat ook dien as ‘n geleentheid om gekies te word om die provinsie op nasionale en internasionale vlak te verteenwoordig.

Die sportkodes wat vanjaar in die kollig staan, sluit in atletiek vir beide geslagte, mansboks, damesokker, netbal, manssagtebal en mansvlugbal. Hierdie toernooi is ‘n eweknie van die Mandela-uitdaging wat jaarliks in Gariep gehou word.

Die toernooi begin Saterdag om 10:00.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×