Ná ‘n gesinsgeweld-gyselaarsdrama van meer as twaalf ure, het die Vrystaatse polisie vanoggend in Phuthaditjaba op ‘n egpaar met ernstige skietwonde afgekom.
Die polisie is ongeveer sesuur gistraand na die huis in Mandelapark ontbied.
Die egpaar, wat vanoggend deur paramedici op die toneel dood verklaar is, se twee kinders van onderskeidelik 3 en 7 jaar oud, is ongedeerd.
Die pa van twee het geweier dat die polisie die huis binnekom. Die polisie se gyselaar-onderhandelingspan was ook op die toneel.
Twee geweerskote kon vanoggend om ongeveer half-agt vanuit die huis gehoor word. Die 57-jarige man, wie een skietwond opgedoen het, was glo die eienaar van die vuurwapen.
Sy 47-jarige vrou is twee keer geskiet.