Om te versterk dat November aan die viering van entrepreneurs, innovasies en ekonomiese groei gewy word, is die Tuckshop Ekspo in Phuthaditjhaba, se veeldoenige sentrum gehou.
Volgens die Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, is verskeie entrepeneurskap-inisiatiewe in die Vrystaat as toonaangewende voorbeelde verhef.
Die LUR het aangedui dat sy departement van plan is om die kultuur van nie-finansiële ondersteuning en waardekettingveredeling onder Vrystaatse entrepreneurs in te skerp, om sodoende selfonderhoudend te bly, asook, om hulle te help om hul maksimum besigheidspotensiaal te bereik, toegang tot werksgeleenthede te kry, en om vaardighede en opleiding te ontvang, wat die grootte van die plaaslike ekonomie aansienlik kan vergroot.