Die Vrystaatse Departement van Gesondheid beplan die vestiging van 24-uur-klinieke en die aanstelling van 280 nooddienste-personeellede in 2025/26.
Hierdie stappe vorm deel van ‘n groter begroting van meer as R14 miljard, wat gesondheidstoegang in afgeleë areas sal verbeter.
Volgens die Vrystaatse LUR vir gesondheid, MonyatsoMahlatsi, vorm hierdie maatreëls deel van die provinsie se strategie om gesondheidsdienste vinniger en meer doeltreffend aan te bied.
Mahlatsi verduidelik Vrydag in sy provinsiale begroting dat die doel is om die gesondheidsorgstelsel te optimaliseer en die toegang tot noodhulpdienste te verbeter, veral in die konteks van die verhoogde vraag wat verwag word.