Die Vrystaatse hooggeregshof het ‘n bevel aan die Nasionale Raad van DBV’e toegestaan wat die heropening van die Bloemfontein-dieretuin verhoed, tensy hulle aan streng voorwaardes voldoen.
IOL berig die bevel lui verder dat die Mangaung-munisipaliteit verbied word om enige wilde of eksotiese diere sonder die nodige permitte te ontvang.
Daarbenewens word hulle beperk om enige bedreigde of beskermde diere te ontvang, tensy permitte ingevolge die bedreigde en beskermde spesies regulasies toegestaan is verduidelik Jacques Peacock, ‘n NDBV-woordvoerder.
Die diere-voorspraakgroep het opgetree teen die dieretuin weens die toestande waaraan die diere in 2019 en 2020 onderwerp is.
Dit het gelei tot die dieretuin se sluiting. Hulle het tot aksie gekom nadat hulle gehoor het dat die Mangaung-munisipaliteit die fasiliteit sonder ‘n formele begroting en resolusie wou heropen.