Om hospitale optimaal te laat funksioneer is bo-aan die Vrystaatste LUR vir gesondheid, Monyatso Mahletsi, se lysie.
Hy sal Maandag minstens drie hospitale besoek om die nodige ondersteuning, wat die hospitale nodig het, te fasiliteer. Hospitale in Ladybrand en Ficksburg is eerste op die lysie waarna die laaste stop vir die dag in Qwa-Qwa sal wees.
Hier sal hy na verwagting ‘n multidissiplinere span ingryp om die kommerwekkende probleme rakende toegang tot water en elektrisiteit in die streek op te los. Water en elektristiteit is broodnodige elemente van gesondheid wat buite die beheer van die departement en sy fasiliteite val.
Toegang tot hierdie basiese noodsaaklikhede kan bepaal of die fasiliteite in staat is om hulle verantwoordelikhede na te kom – al dan nie.