Vrystaatse gesondheidsorgkontrakwerkers wie se diens beëindig is, eis hul heraanstelling.
SABC News berig hul kontrakte is nie aan die einde van Oktober hernu nie, nadat hulle tydens die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie in diens was.
Die gefrustreerde werkers het na die ANC se Kaizer Sebothelo-gebou in Bloemfontein opgeruk om antwoorde te eis.
Sowat 1 500 werkers word geraak en volgens die regering het hulle amper R50 miljoen beskikbaar gestel om die kontrakwerkers te absorbeer.
Die ANC Vrystaat se ondervoorsitter, Toto Makume, sê hy het as LUR van Finansies ‘n toekenning gemaak en dat die departement van gesondheid nou met die werwingsproses moet begin.
Aangesien die werkers met onmiddelike inwerkingtreding heraangestel wil word, het die regering slegs vier dae om die situasie op te los.