Sowat 40 Vrystaatse leerders sal vandag en more aan die Enviro-Quiz by die Gariep Forever Resort deelneem. The Business Weekly berig die leerlinge sal deur die aanbied van hulle projekte asook vasvra-kompetisies en ander speletjies meeding.
Die doel agter die Enviro-Quiz-program is onder andere om leerders se deelname in die oplos van omgewingsprobleme in hul onderskeie skole se omgewing aan te moedig. Hierdie program sal vanjaar sy 31ste bestaansjaar vier, met die tema, “Die wedloop teen aardverwarming en klimaatsverandering”.
Die program is in ooreenstemming met die Nasionale Omgewingsbestuurswet, wat bepaal dat elkeen die reg het op ’n omgewing wat nie skadelik vir sy of haar welstand is nie, en dat die omgewing deur redelike wetgewende maatreëls beskerm moet word.
Wenners sal Saterdagaand tydens ‘n gala-dinee aangekondig word.