Vrystaatse-leerders van die Laerskool Meqheleng in Ficksburg, het gesogte Pick n Pay Hero-toekennings ontvang.
Free State World Online berig Lerato Mokhele, ‘n graad 7-leerder, het ‘n Pick n Pay-koopbewys vir haar besonderse vriendelikheid gewen.
Sy het ‘n medeleerling geïdentifiseer wat skooldrag benodig het, en het onbaatsugtig haar eie sakgeld gebruik om ‘n paar sokkies en ‘n hemp te koop.
In graad 5 het Oratilwe Mavaleliso ‘n koopbewys ontvang vir haar inisiatief om die LK DOWN CLEANING GROUP te stig, ‘n projek waar leerders drie keer per week hul skoolomgewing skoonmaak.
Pheletso Moramotse, ook in graad 7, het ‘n koopbewys ontvang vir haar toewyding aan tuinmaak.
Geïnspireer deur die Junior Land Care Programme, speel sy ‘n aktiewe rol in haar skooltuin deur plante nat te maak en die gewasse te versorg.
Die Pick n Pay Hero-toekennings vier leerders wat, ten spyte van uitdagings, hul gemeenskappe positief beïnvloed.