Die LUR vir Gesondheid in die Vrystaat, Monyatso Mahlatsi, het gesondheidswerkers by die Thabong-kliniek besoek ná ‘n aanval deur ‘n pasiënt verlede week.
Die besoek was om te verseker dat kalmte herstel is nadat ‘n ontevrede pasiënt ontlasting op ‘n gesondheidswerker in die ontvangsarea uitgegooi het. Die LUR het aangebied om beradingsdienste aan ondersteuningspersoneel te verskaf.
Hy sê die gemeenskap moet werkers beskerm.