R17,5 miljoen is die skadevergoedingsbedrag wat die Vrystaatse LUR vir paaie, aan ‘n Bloemfonteinse kwadrupleeg verskuldig is.
Die hofbevel kom meer as 14 jaar nadat Jillian-Joan van der Merwe, ‘n enkelma van Bainsvlei, haar nek in ‘n padongeluk gebreek het. Volksblad berig, weens die swak toestand van die pad tussen Dealesville en Bloemfontein, het die bakkie waarin sy gery het, die pad verlaat en omgeslaan.
Benewens skadevergoeding, is die LUR ook vir alle regskoste verantwoordelik, wat die belastingbetaler waarskynlik dermiljoene uit die sak gaan jaag. Van der Merwe was op 37 gesond en sportief, toe die ongeluk haar lewe in 2009 onherroeplik verander het. Sy is verlam en is sedertdien rolstoelgebonde.