Die munisipale bestuurder en hoof finansiele beampte van die Vrystaatse Mafube Plaaslike Munisipaliteit word persoonlik aanspreeklik gehou vir R14,7 miljoen se onbetaalde pensionbydraes wat aan munisipale werkers verskuldig is.

Central News berig dié uitspraak, wat deur die Hooggeregshof in Bloemfontein gelewer is, is ‘n bakenbeslulit in Suid-Afrikaanse munisipale bestuur, wat aanspreeklikheid vir finansiele wanbestuur versterk.

Die munisipaliteit word al lank deur bewerings van wanbestuur en finansiële ongerymdhede geteister.

Volgens die Munisipale Werkers Aftreefonds het die munisipaliteit pensioenbydraes van werknemers se salarisse afgetrek, maar versuim om die fondse oor te dra soos deur die Pensioenfondswet vereis word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×