Nadat Eskom vroeër gewaarsku het dat vier munisipaliteite in die Vrystaat se kragtoevoer afgesny kan word, is besprekings aan die gang sodat grootmaat-kragtoevoer nie gestaak word nie.

Rosestad Nuus het vroeër berig dat vier Vrystaatse munisipaliteite, Nala, Moqhaka, Masilonyana en Ngwathe in gevaar is, wat 15 dorpe soos Kroonstad, Parys, Heilbron, Brandfort en Winburg insluit.

Volgens Netwerk24 werk Eskom nou aktief saam met hierdie munisipaliteite om hul enorme skuld aan hom te vereffen.

Dit kom nadat die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, tydens ’n vergadering in Bloemfontein Eskom aangemoedig het om te onderhandel en vennootskapsooreenkomste met sukkelende munisipaliteite te onderteken.

Die munisipaliteite kan dan hul dienslewering verbeter deur Eskom se kundigheid in die bedryf te benut.

Afskakelings sal slegs as ’n laaste uitweg gedoen word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×