‘n Egpaar van Reitz in die Vrystaat is in hegtenis geneem ná ‘n brand waarin ‘n hul sewe maande oue baba en eenjarige kleuter onherkenbaar verbrand is.

Die twee kinders is sonder toesig gelaat terwyl hul ouers glo gaan drink het. Terwyl hulle by die drinkplek was, is die egpaar deur ‘n gemeenskapslid ingelig dat hul hut aan die brand is.

Hulle het na die toneel teruggejaag en die polisie en geskokte gemeenskapslede daar gevind. Die oorsaak van die brand is tans onbekend.

Die egpaar is van kinderverwaarlosing aangekla en sal in die Reitz-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!