Die 11-jarige Tumelo Mikiri is vroeër die week in die Universitas Hospitaal in Bloemfontein opgeneem vir moontlike plastiese chirurgie.

Dit, soos hy na bewering ernstig in 2018 deur Bull Terrier-honde, op die plaas Dayton in Theunissen in die Vrystaat, beseer is. Volgens sy ma, wat ‘n plaaswerker was tydens die voorval, het hy reeds twee rekonstruktiewe gesigsoperasies ondergaan, wat amper geen effek gehad het om sy gesig na normal te herstel nie.

Die Daily Sun berig dat, volgens Kaptein Stephen Thakeng, ‘n Vrystaase polisiewoordvoerder, toon ‘n voorlopige ondersoek dat die boer gedagvaar was om in die Theunissen-landdroshof te verskyn. Dit is later ontdek dat hy die provinsie verlaat het.

Volgens Thakeng is ‘n soektog van stapel gestuur en ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Die Vrystaatse boer staan tereg op ‘n aanklag van nalatigheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×