Vervoerdienste wat Vrystaatse leerders na plaasskole vervoer het hul dienste gestaak.

Dit nadat hulle in finansiële nood verkeer aangesien hulle glo nie vir hul dienste betaal word nie.

SABC News berig die gefrustreerde diensverskaffers sê hulle het nie meer die middele om hul voertuie te diens, bestuurders te betaal of om brandstof te koop nie.

Meer as 9 000 leerders van plaasskole regoor die provinsie is afhanklik van die staatsgeborgde vervoer.

Intussen het die woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, Howard Ndaba, bevestig dat dié diensverskaffers se betaling Vrydag verwerk sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×