Tydens Operasie Basadi is 259 verdagtes in een nag in hegtenis geneem.  Misdadigers betrokke by geslagsgebaseerde geweld, kontakmisdade en gesoekte misdadigers is in die operasie geteiken.

Onder die verdagtes het die polisie 16 verdagtes vir verkragting en 21 vir veediefstal in hegtenis geneem. Hulle het ook die afsterwe van ‘n verdagte wat deur middel van forensiese bewyse aan drie huisbrake verbind word bevestig. Die polisie sal voortgaan om openbare veiligheid in die provinsie te verseker volgens Loraine Earle, ‘n polisiewoordvoerder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×