Jongmense wat studenteverblyf in die Vrystaat soek, of wat by ‘n hoëronderwysinstelling wil inskryf, moet seker maak hulle word nie die prooi van swendelaars nie.

Luidens Maroela Media waarsku die polisie in die Vrystaat dat daar ‘n toename is in gevalle waar deposito’s vir verblyf gevra en betaal word, terwyl die akkommodasie nie bestaan nie.

Dit geld ook sodanige tersiêre instellings. Polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê die swendelaars gee voor sekere instellings bestaan, maar dat daar in werklikheid geen kampus of klasse is nie.

Die polisie doen ‘n uiters dringende beroep op ouers en voogde om géén kontant in ‘n rekening in te betaal, alvorens hulle nie self die instelling of studente-akkommodasie besoek het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×