Met die fokus op verbetering van dienslewering vir die gemeenskap het die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, saam met twee LUR’e, in die Matjhabeng-munisipalitei, in Welkom, vergader.
Verskeie probleme is aangespreek, insluitend die diefstal van waterinfrastruktuur, die bedanking van ervare personeel, ‘n gebrek aan kapasiteit in die projekbestuurseenheid, en die heraanstelling van onderpresterende kontrakteurs. Sy het daarop gewys dat hulle, ten spyte van die uitdagings, vordering gemaak het.