Die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, het amptelik ‘n bouprojek aan ‘n nuut-aangestelde kontrakteur oorhandig wat 652 werksgeleenthede vir plaaslike inwoners skep.

Die 41 kilometer-lange pad tussen Excelsior en Tweespruit gaan met hierdie projek aandag kry.

Die vorige kontrakteur se dienste is beëindig weens swak vakmanskap en hy versuim om aan standaarde te voldoen.

Die projek, ter waarde van R48-miljoen, is geskeduleer om teen Julie 2026 voltooi te wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×